Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Ventersdorp distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar, winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, is sterk meganies (diesel, sweis- en staalwerk, draadwerk, boorgate ens), 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland en onder besproeiing met bewese ervaring in al die aspekte van die effektiewe bestuur van 'n kommersiële beeskudde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Bestuur die Produksiesiklus van Gewasse
    • Grondvoorbereiding volgens gewasbehoeftes, kunsmistoediening en masjinerie-operasie
    • Gewasbestuur
      • korrekte plant, onkruidbeheer, besproeiing, en toepassing van chemie en kunsmis volgens skedules
    • Oesbestuur
      • oesstrategieë volgens nuutste tendense/inligting, en gekoördineerde oes en verskeping
  • Besproeiingsbestuur
    • Skedulering
    • Onderhoud en konstante diensbaarheid van die besproeiingsnetwerk (stelsel, pompe en pype)
  • Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Voeding en Lekke
    • Daagliks getalle monitor
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Instandhouding, diens en herstel van die plaasvoertuie, -implemente en infrastruktuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Enige ander take soos deur die Eienaar bepaal van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 17 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus  en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp