Plaasbestuurder: Vee en Voergewasse
Ons gewaardeerde kliënt, ’n dinamiese boerdery in die Hofmeyer-distrik (Klein Karoo), is op soek na ’n energieke, ervare en raakvat Plaasbestuurder om die boerdery se vee- en voergewasvertakkings onafhanklik, winsgewend en volhoubaar te bestuur.
Die ideale kandidaat
- Is getroud (sterk aanbeveel)
- het 10+ jaar bewese ondervinding in die effektiewe bestuur van:
- Bees (kommersieel)
- Skaap (stoet)
- Boerbokke
- Angorabokke
- Voerkraalbestuur
- Goeie werkende kennis van die totale produksiesiklus van lusern onder besproeiing
- Het 'n Kode 10-bestuurlisensie (sterk aanbeveel)
- Het goeie kommunikasievermoë en bogemiddelde organisasievermoë
- Het ’n Sterk eienaarskapmentaliteit
Pligte en verantwoordelikhede
- Bestuur die implementering van strategie
- Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
- Bestuur die produksiesiklus van lusern (besproeiing)
- Kuddebestuur, insluitend:
- Dieregesondheid
- Weidingsbestuur
- Reproduksiebestuur
- Voeding en lekke
- Daaglikse monitering van getalle en kondisie
- Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
- Instandhouding van infrastruktuur en toerusting
- Plaassekuriteit en -netheid
- Brandbestuur en -voorkoming
- Enige ander take soos van tyd tot tyd deur die eienaar bepaal
Diensaanvaarding: April 2026
Aansoeke sluit: 28 Februarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes.
Aansoekproses
Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]