Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde gemengde boerdery in die Eendekuil-distrik van die Wes-Kaap, is opsoek na ’n ervare, verantwoordelike en ondernemende Plaasbestuurder om ’n sleutelrol te vervul in die voortgesette groei en ontwikkeling van die besigheid.

Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n kandidaat wat nie net sterk operasionele en bestuursvernuf het nie, maar ook die langtermynvisie deel om homself in die omgewing te vestig en saam met die eienaar die boerdery volhoubaar vorentoe te neem. Die boerdery fokus tans op koring, lupiene, sitrus, rooibos en skape, en die ideale kandidaat sal dus oor breë praktiese blootstelling aan gemengde boerdery beskik.

Die ideale kandidaat is getroud (sterk voorkeur), beskik oor ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie (aanbeveel), en het 10 tot 15 jaar relevante ondervinding in ’n soortgelyke rol. Werkskennis van beide gewas- en veevertakkings, tesame met goeie organisatoriese vermoë, besluitnemingsvernuf en sterk mensebestuur, sal van groot waarde wees. Meganiese kennis sal beslis voordelig wees.

Kernverantwoordelikhede:

  • Algehele bestuur en koördinering van die daaglikse boerdery-aktiwiteite
  • Beplanning, implementering en monitering van produksie oor verskeie vertakkings
  • Bestuur van personeel, werksprestasie en operasionele dissipline
  • Toesig oor gewasproduksie, insluitend koring, lupiene, sitrus en rooibos
  • Bestuur en monitering van die skaapvertakking
  • Instandhouding, toesig en algemene beheer van infrastruktuur, toerusting en meganisasie
  • Identifisering van verbeteringsgeleenthede om produktiwiteit en winsgewendheid te verhoog
  • Samewerking met die eienaar om die besigheid strategies verder te ontwikkel

Die ideale kandidaat het die volgende eienskappe:

  • ’n Sterk eienaarskapmentaliteit
  • Goeie leierskap- en menseverhoudingsvermoë
  • Praktiese ingesteldheid en probleemoplossingsvermoë
  • Vermoë om selfstandig en verantwoordelik op te tree
  • Langtermynverbintenis en die begeerte om ’n toekoms in die area te bou

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, groot gesinswoning (vier slaapkamers), krag, water en 'n werksvoertuig word aangebied

Diensaanvaarding: Junie 2026

Aansoeke sluit: 27 April 2026

Indien jy ’n toegewyde en ervare Plaasbestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging in die Weskaap, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp