Plaasbestuurder: Groente
Ons kliënt, 'n vooruitstrewende dinamiese Boerdery in die Dendron distrik, is opsoek na 'n ernergieke, ervare en kundige Plaasbestuurder om die Plaas koste-effektief, volhoubaar, optimaal en winsgewend te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud en het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groente (veral aartappels en uie).
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur, sterk meganiese kennis en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Effektiewe uitvoering van Produksiepraktyke
- Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
- Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
- Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur die Produksiesiklus
- Bestuur bemesting- en plaagbeheerprogram
- Brandbestuur en -voorkoming
- Administrasie en rekordhouding
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 25 Januarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar