Plaasbestuurder: Groente- en Wintergewasse

Plaasbestuurder: Groente- en Wintergewasse picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende dinamiese Boerdery in die Sandveld aan die Weskus van die Weskaap, is opsoek na 'n ernergieke, ervare en kundige Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, optimaal en winsgewend te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in die totale produksiesiklus van groente (veral aartappels) en wintergewasse (veral koring) onder besproeiing met kennis van sitrusverbouing.

Indien jy beskik oor bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur, sterk meganiese kennis en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van weeklikse beplanning
  • Bestuur van dag-tot-dag bedrywighede
  • Effektiewe uitvoering van produksiepraktyke
  • Besproeiingsbestuur
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Bestuur bemesting- en plaagbeheerprogram
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Administrasie en rekordhouding
  • Plaassekuriteit

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 19 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp