Plaasbestuurder: Karooplaas

Plaasbestuurder: Karooplaas picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Murraysburg distrik in die Karoo, is opsoek na 'n ervare en kundige Plaasbestuurder om die Boerdery met al sy vertakkings optimaal, winsgewend, volhoubaar en koste-effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud en het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar se eerstehandse ondervinding in die Bestuur van 'n Gemengde Boerdery in die Karoo (aanbeveel), ervaring in die effektiewe bestuur van 'n Bees- en Skaapkudde, en die Produksiesiklus van Lusern en ander Voergewasse.

Bogenoemde gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende menseverhoudings en leierseienskappe, goeie kommunikasievermoë, dryfkrag, sterk organisasievermoë en meganiese aanleg, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van die strategie
  • Die bestuur van die daaglikse Boerderybedrywighede
  • Algehele Skaap- en Beeskuddebestuur
  • Produksiesiklus van Lusern en ander voergewasse
  • Effektiewe beplanning
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene administrasie
  • Voorraadbeheer en -bestuur

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 28 April 2024

Daar is geen behuising op die Plaas nie, en word behuising in Murraysburg verskaf wat 8km van die Plaas af is.

Mededingende salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp