Plaasbestuurder: Kweekhuise
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde landbou-onderneming in die Bronkhorstspruit-distrik, bied ’n uitstekende loopbaangeleentheid aan ’n ervare en praktiese Bestuurder om ’n sleutelrol te vervul in die bestuur, optimalisering en verdere ontwikkeling van hul kweekhuisbedrywighede.
Hierdie is ’n ideale geleentheid vir ’n kandidaat met 5 – 10 jaar toepaslike ondervinding wat nie net sterk tegniese en operasionele kennis van kweekhuisproduksie het nie, maar ook die vermoë het om met selfvertroue verantwoordelikheid te neem vir produksie, personeel, gehalte en langtermyn uitbreiding.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volledige bestuur van die Eenheid met spesifieke fokus op produksiebeplanning, plantgesondheid, besproeiing, bemesting, klimaatsbeheer en die handhawing van hoë standaarde ten opsigte van kwaliteit, netheid en doeltreffendheid. Die rol vereis iemand wat gemaklik funksioneer in ’n praktiese produksie-omgewing, sterk eienaarskap neem van resultate en die vermoë het om mense, prosesse en infrastruktuur op ’n professionele wyse te bestuur.
Kandidate met bewese ondervinding in die ontwikkeling, uitbreiding of toevoeging van nuwe kweekhuis-eenhede sal ’n besondere voordeel geniet, aangesien hierdie ervaring waarde sal toevoeg binne ’n omgewing waar groei, vooruitbeplanning en operasionele uitbreiding belangrik is.
Die ideale kandidaat beskik oor die volgende:
- 5 – 10 jaar relevante ondervinding in kweekhuisbestuur
- Praktiese en tegniese kennis van kweekhuisproduksie, hetsy in groente of blomme
- Ondervinding in besproeiing, bemesting en klimaatsbeheer
- Goeie begrip van plantgesondheid, asook plaag- en siektebeheer
- Vermoë om produksieprosesse te beplan, bestuur en optimaliseer
- Ervaring in personeelbestuur, toesig en daaglikse werksbeplanning
- Sterk administrasie-, rekordhouding- en organisatoriese vermoë
- ’n Netjiese, sistematiese en resultaatgedrewe werkstyl
- Ondervinding in uitbreiding of ontwikkeling van addisionele kweekhuis-eenhede sal sterk in die kandidaat se guns tel
Bogenoemde ervaring en vermoëns, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, aandag aan detail, vermoë om onder druk te presteer en fokus op gehalte en konsekwentheid, sal jou uitstekend posisioneer vir hierdie geleentheid.
Sleutelverantwoordelikhede sluit in:
- Volledige bestuur van die Eenheid
- Produksiebeplanning en beheer van daaglikse operasionele aktiwiteite
- Monitering en bestuur van plantgesondheid
- Bestuur van besproeiing, voeding en klimaatsbeheer
- Implementering van effektiewe plaag- en siektebeheerprogramme
- Toesig oor personeel, taakbeplanning en prestasiemonitering
- Handhawing van hoë standaarde ten opsigte van kwaliteit, netheid en produktiwiteit
- Akkurate rekordhouding, administrasie en verslagdoening
- Instandhouding en optimale benutting van infrastruktuur en toerusting
- Betrokkenheid by uitbreidings en die ontwikkeling van nuwe kweekhuis-eenhede
Hierdie pos bied ’n uitstekende geleentheid aan ’n kandidaat wat trots is op kwaliteitwerk, waarde heg aan struktuur en standaarde, en graag deel wil wees van ’n professionele boerdery-omgewing waar langtermynbydrae en ontwikkeling waardeer word.
Diensaanvaarding: Junie/Julie 2026
Sluitingsdatum: 6 Mei 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising, water, elektrisiteit en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Indien jy ’n toegewyde en ervare Bestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]