Ons gewaardeerde kliënt, Lombardskraal Pekanneute in die Hartswater distrik in die Noordkaap, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Plaasbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Boerdery.
Die ideale kandidaat is enkellopend, het 1 - 5 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Pekanneute met werkende kennis van vloedbesproeiing en plaagbeheer.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne en buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en 'n eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 9 September 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 'n onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising in 'n een slaapkamer gemeubuleerde woonstel, gratis Wi-Fi, selfoontoelaag, gratis water en elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar