Plaasbestuurder en Onderhoudsbeampte: Saaiboerdery

Plaasbestuurder en Onderhoudsbeampte: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Saaiboerdery in die Viljoenskroon distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Bestuurder om die Saai-afdeling van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland, is sterk meganies aangelê met werkende kennis van die Produksiesiklus van Pekaneute (sal in jou guns tel).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, sober gewoontes, netheid op self en werk, stiptelikheid, vermoë om effektief onafhanklik en binne spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede in samewerking met die Eienaar
  • Bestuur die Totale Produksiesiklus Somergewasse
  • Die skep van 'n gemotiveerde werksklimaat
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Diens, herstel en instandhouding van alle plaaswerktuie, -implemente en -toerusting
  • Infrastruktuur Instandhouding
  • Rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van Bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 28 Maart 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp