Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Bestuurder om die Saai-afdeling van die Boerdery van 3 000ha koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland wie sterk meganies aangelê is.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou vermoë om strategies te beplan, netheid op self en werk, stiptelikheid, vermoë om effektief onafhanklik en binne spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik
Aansoeke sluit: 28 Julie 2024
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.