Plaasbestuurder: Saaiboerdery

Plaasbestuurder: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Vanderkloof distrik in die Noord Kaap, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Bestuurder om die Saai-afdeling van die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somer- en Wintergewasse onder besproeiing wie spilpunte kan diens, instand hou en herstel met sterk meganiese en elektriese kundigheid.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou vermoë om strategies te beplan, netheid op self en werk, stiptelikheid, vermoë om effektief onafhanklik en binne spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van gewasse
  • Vooraadbeheer en -bestuur
  • Opleiding, mentorskap en die skep van 'n gemotiveerde werksklimaat
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene en voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
  • Infrastruktuur instandhouding
  • Rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van Bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Januarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp