Plaasbestuurder: Saaiboerdery

Plaasbestuurder: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde gemengde boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na ’n ervare, praktiese en verantwoordelike Plaasbestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die suksesvolle bestuur van 3 000 ha somergewasse.

Hierdie sleutelpos is ideaal vir ’n kandidaat met meer as 5 jaar toepaslike ondervinding in saaiboerdery, wat oor die vermoë beskik om produksie, personeel, toerusting en dag-tot-dag plaasbedrywighede met selfvertroue en dissipline te bestuur. Die suksesvolle kandidaat moet gemaklik wees om in ’n produksiegedrewe omgewing te funksioneer, vooruit te beplan, probleme prakties op te los en konsekwente resultate te lewer.

Die ideale kandidaat beskik oor:

  • Meer as 5 jaar toepaslike ondervinding in saaiboerdery
  • Sterk praktiese kennis van somergewasse
  • Goeie begrip van die volledige produksiesiklus, insluitend grondvoorbereiding, plant, bemesting, spuitwerk en oes
  • Ervaring met die bestuur van personeel, werksbeplanning en daaglikse plaasaktiwiteite
  • Goeie meganiese aanleg en praktiese kennis van trekkers, implemente en ander landboutoerusting
  • Vermoë om netjies te beplan, take op te volg en ’n span effektief te lei
  • Goeie administratiewe vaardighede en rekordhouding
  • ’n Verantwoordelike, eerlike en selfgedrewe werksetiek

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat reeds goeie ondervinding in saaiboerdery opgebou het en nou ’n betekenisvolle bestuursrol binne ’n gevestigde boerdery wil vervul. Die pos bied die geleentheid om ’n direkte impak op produksie, doeltreffendheid en algemene plaasbestuur te hê, terwyl jy deel vorm van ’n onderneming waar praktiese vermoë, verantwoordelikheid en langtermyn bydrae opreg waardeer word.

Vir die regte kandidaat bied hierdie rol die geleentheid om werklik eienaarskap te neem van ’n belangrike produksie-eenheid en ’n waardevolle bydrae te maak tot die volhoubare sukses van die boerdery.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit 19 Mei 2026

Kandidate wat hulself vereenselwig met ’n gedissiplineerde, professionele en resultaatgedrewe boerdery-omgewing, word uitgenooi om aansoek te doen deur diè skakel [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp