Plaasbestuurder: Sitrus

Plaasbestuurder: Sitrus picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Letsitele distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Plaasbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Boerdery.

Die ideale kandidaat het meer as 5 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Sitrus met ondervinding in besproeiingsbestuur en werkende kennis van gif- en kunsmisprogramme. GlobalGap en PhytClean (EU protokol) agtergrond sal in jou guns tel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende administrasie- en rekenaarvaardigheid, vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer, sterk meganiese aanleg, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bestuur van bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Skedulering van besproeiing
  • Algemene instandhouding, diens en herstel op toerusting en infrastruktuur
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onafhanklik te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, elektrisiteit, Wi-Fi, 'n aantreklike prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp