Veebestuurder

Veebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Schweizer-Reneke distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare Bestuurder om die Beesvoerkraal, Skaap- en Beeskudde (Stoet en Kommersieel) van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 3 - 8 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beesvoerkraal, Bees- en Skaapkudde wie sterk tegnies/meganies aangelê is

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir diere, eienaarskapmentaliteit, sterk wil om suksesvol te wees, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Algehele bees- en skaapkuddebestuur
    • Kuddegesondheid en -welsyn
    • Weidingbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Kalwer- en Lambestuur
    • Kudde monitor en getalle
  • Beesvoerkraal
    • Rantsoenbestuur
    • GDT en VOV
    • Dieregesondheid en -welsyn
    • Biosekuriteit
  • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate rekordhouding en verslagdoening
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 3 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, aantreklike prestasiebonus, gratis behuising, elektrisiteit, water en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp