Plaasbestuurder: Voergewasse, Beeste en Mangoes

Plaasbestuurder: Voergewasse, Beeste en Mangoes picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery (Mango's, Wild, Beeste, en Voergewasse) in die Hoedspruit distrik in Limpopo, is op soek na 'n ervare en energieke Plaasbestuurder met 'n eienaarskapmentaliteit om die Boerdery in samewerking met die Eienaar optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Landbougerigte Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Hawer, Lusern en Teff onder besproeiing wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou werkende kennis van Boomgewasse, Beesboerdery, dryf, sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur en toesighoudende vaardighede, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van produksiepraktyke en produksiesiklus
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algemene Beeskuddebestuur
  • Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur voorbeeld
  • Bestuur van bemesting- en plaagbeheerprogram
  • Bestuur en onderhoud van besproeiing (Mikro en Spilpunte)
  • Enige ander pligte soos van tyd tot tyd deur Eienaar verlang

Hierdie is 'n ideale langtermyn geleentheid vir 'n bekwame en kundige Plaasbestuurder wat wil wortels skiet.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 22 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 'n voertuigtoelaag en gratis behuising word aangebied.

Aansoeke word slegs deur diè skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp