Plaasbestuurder: Wingerd
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde boerdery in die Vredendal distrik in die Weskaap, is opsoek na ’n ervare en verantwoordelike Bestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe bestuur van die wingerde en die suksesvolle uitvoering van alle produksie- en instandhoudingsaktiwiteite.
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat passievol is oor wingerdbou, trots is op netjiese en hoë gehalte werk, en wat graag deel wil vorm van ’n stabiele boerdery-omgewing waar langtermynbydrae, verantwoordelikheid en eienaarskap waardeer word. Die rol bied aan die regte kandidaat die geleentheid om ’n betekenisvolle verskil te maak binne ’n gevestigde produksie-opset, met die ruimte om selfstandig te funksioneer en werklik trots te neem op die gehalte, gesondheid en prestasie van die wingerde onder sy of haar bestuur.
Die ideale kandidaat beskik oor:
- 5 tot 10 jaar toepaslike ondervinding
- Praktiese kennis van die volledige produksiesiklus van wingerd
- Ondervinding in snoei, opbind, lootbestuur, blaarbestuur en oesvoorbereiding
- Goeie kennis van besproeiing, bemesting en algemene grond- en wingerdgesondheid
- Ondervinding in plaag- en siektebeheer
- Vermoë om arbeidspanne te bestuur en daaglikse take doeltreffend te beplan
- Goeie administratiewe en rekordhoudingsvermoë
- Vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem
- Basiese meganiese aanleg en praktiese probleemoplossingsvermoë sal voordelig wees
Persoonlike eienskappe wat belangrik is vir die rol:
- Betroubaar en selfgedrewe
- Netjies, georganiseerd en detailgeoriënteerd
- Hoë werksetiek en trots in die standaard van werk
- Vermoë om onder druk en binne seisoenale tydsraamwerke te presteer
- Goeie menseverhoudinge en ferm, billike personeelhantering
- Eienaarskapmentaliteit en langtermyn ingesteldheid
Hoofverantwoordelikhede:
- Daaglikse bestuur en toesig van alle aktiwiteite
- Beplanning en implementering van snoei-, opbind-, loot- en blaarbestuursprogramme
- Monitering en bestuur van wingerdgesondheid, groei en produksie
- Toesig oor besproeiing en watergebruik
- Implementering van bemestingsprogramme volgens produksiebehoeftes
- Identifisering en bestuur van plae, siektes en ander produksierisiko’s
- Bestuur van personeel, werktoewysing en produktiwiteit in die wingerde
- Oesbeplanning en toesig oor oesgereedheid en kwaliteitstandaarde
- Verseker dat wingerde netjies, produktief en volgens vereiste standaarde bestuur word
- Rekordhouding van relevante produksie-, arbeid- en insetinligting
- Samewerking met bestuur om produksiedoelwitte en kwaliteituitkomste te bereik
Hierdie is ’n stabiele langtermyngeleentheid binne ’n gevestigde en professioneel bestuurde boerdery en is 'n geleentheid om ’n sleutelrol in die produksieproses te vervul met werklike verantwoordelikheid, eienaarskap en selfstandigheid, ideaal vir iemand wat opsoek is na ’n betekenisvolle rol binne ’n stabiele boerdery waar bydrae en prestasie raakgesien word.
Markverwante salaris, gratis behuising (3-slaapkamer), onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes.
Diensaanvaarding Junie 2026
Aansoeke sluit: 30 April 2026
Indien jy belangstel in ’n praktiese geleentheid binne ’n gevestigde kommersiële boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]