Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde gemengde boerdery in die Edenville-distrik in die Vrystaat, bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n praktiese, betroubare en verantwoordelike Plaasbestuurder om deel te word van ’n dinamiese boerdery-omgewing.
Hierdie pos is ideaal vir ’n kandidaat wat sterk praktiese landbou-ondervinding het, goed met mense kan werk en gemaklik is om verantwoordelikheid te neem binne ’n besige, diverse boerdery. Die suksesvolle kandidaat sal die eienaar bystaan en mettertyd ’n belangrike rol vervul in die daaglikse bestuur van voerproduksie, vleisbeeste en algemene plaasbedrywighede.
Die boerdery bestaan uit ’n melkery, saaiboerdery vir voerproduksie, oulandsgrasproduksie en ’n kommersiële vleisbeeskudde. Hierdie is ’n geleentheid vir iemand wat nie net take wil uitvoer nie, maar werklik eienaarskap van sy verantwoordelikhede kan neem en betroubaar kan funksioneer wanneer hy alleen gelaat word.
Minimum Vereistes:
- 3 - 5 jaar toepaslike ondervinding in gemengde boerdery
- Tersiêre landboukwalifikasie sal sterk aanbeveel word
- Praktiese ondervinding in voerproduksie, saaiboerdery en/of beesboerdery
- Goeie algemene plaas- en instandhoudingsvaardighede
- Sterk menseverhoudings en die vermoë om plaaswerkers effektief te bestuur
- Getroude kandidaat word verkies
- ’n Swart taal sal tot die kandidaat se voordeel wees
- Kandidaat moet gemaklik wees met plaaslewe en ’n landelike werksomgewing
Sleutelverantwoordelikhede:
- Bestuur en uitvoering van voerproduksie-aktiwiteite
- Betrokkenheid by mielies vir kuilvoer en oulandsgrasproduksie
- Daaglikse bestuur en toesig oor vleisbeeste
- Algemene plaasonderhoud en praktiese instandhouding
- Toesig oor en bestuur van plaaswerkers
- Ondersteuning aan die eienaar in die breër daaglikse boerderybestuur
- Beplanning, uitvoering en opvolg van daaglikse take
- Verseker dat werk netjies, betyds en verantwoordelik afgehandel word
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n betroubare, praktiese en verantwoordelike kandidaat wat ’n langtermynrol binne ’n gevestigde gemengde boerdery soek.
’n Mededingende salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising (netjiese 3-slaapkamerhuis met dubbelgarage en buitevertrekke), vleisvergunning twee keer 'n jaar, en ’n voertuig vir werkdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: 1 Augustus 2026
Sluitingsdatum: 22 Junie 2025
Belangstellende kandidate wat aan die bogenoemde vereistes voldoen en hulself binne ’n praktiese veeboerdery-omgewing wil vestig, word uitgenooi om aansoek te doen deur die skakel: 👉 [aansoek]