Plaastoerusting Operateur en Algemene Plaaswerker
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde gemengde boerdery in die Heilbron-distrik in die Vrystaat, is opsoek na ’n energieke, hardwerkende en verantwoordelike Plaastoerusting Operateur en Algemene Plaaswerker om die eienaars by te staan met die voorbereiding, plant, spuit en stroop van somergewasse, asook algemene plaaswerk.
Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n jong persoon met ’n passie vir landbou wat graag praktiese ondervinding wil opbou en ’n langtermyn loopbaan in die bedryf wil vestig.
Die ideale kandidaat beskik oor die volgende:
- 1–3 jaar praktiese ondervinding as plaastoerusting operateur
- Kode 10 of Kode 14 bestuurslisensie sal voordelig wees
- Meganiese aanleg en die vermoë om toerusting netjies en diensbaar te hou
- Bereidheid om lang ure te werk wanneer die seisoen dit vereis
- Vermoë om goed binne ’n span te funksioneer
- ’n Raakvat-, netjiese en verantwoordelike ingesteldheid
- ’n Eienaarskapmentaliteit en trots in die uitvoering van take
Verantwoordelikhede sluit in:
- Voorbereiding van lande
- Plant van gewasse
- Spuit van gewasse
- Stroop van gewasse
- Versorging en instandhouding van plaastoerusting
- Algemene plaaswerk
- Instandhouding van infrastruktuur
- Plaassekuriteit en algemene netheid
- Brandbestuur en brandvoorkoming
- Ander pligte soos van tyd tot tyd benodig
Hierdie pos bied aan die regte kandidaat die geleentheid om deel te word van ’n stabiele boerdery waar harde werk, netheid, verantwoordelikheid en trots in die werk hoog geag word.
Diensaanvaarding: Onmiddellik
Aansoeke sluit: 30 April 2026
’n Mededingende salaris, asook gratis behuising en elektrisiteit, word aangebied.
Indien jy belangstel in ’n praktiese geleentheid binne ’n gevestigde kommersiële boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]