Plaastoerusting Operateur (Moorreesburg-distrik, Wes-Kaap)

Plaastoerusting Operateur (Moorreesburg-distrik, Wes-Kaap) picture

Is jy ’n ervare Plaastoerusting Operateur wat bekend is vir presiese spuitwerk, verantwoordelike gebruik en goeie stroopwerk?

Is jy ’n ervare Plaastoerusting Operateur wat bekend is vir presiese plant- en spuitwerk, verantwoordelike masjineriegebruik en goeie stroperwerk?

’n Gevestigde Boerdery in die Moorreesburg-distrik in die Wes-Kaap bied ’n geleentheid vir ’n betroubare en prakties vaardige kandidaat met ’n bewese rekord in die bedryf van moderne plaastoerusting.

Die boerdery benodig iemand wat planttoerusting, spuite, stropers en GPS-gesteunde tegnologie met akkuraatheid kan gebruik en verstaan hoe die gehalte van elke bewerking die uiteindelike oes beïnvloed.

Boerdery-omgewing

Die boerdery fokus hoofsaaklik op wintergewasse en beskik ook oor ’n skaapkudde.

Die pos se werksverdeling sal ongeveer soos volg wees:

  • 80% wintergewasse, as Plaastoerusting Operateur
  • 20% ondersteuning met die skaapkudde en algemene plaaswerk

Plant-, spuit- en oestyd bepaal die werksritme. Die suksesvolle kandidaat moet verstaan dat kritieke produksievensters soms langer of onreëlmatige werksure vereis.

Wie Sal Goed In Hierdie Rol Pas?

Die ideale kandidaat is iemand wat:

  • ’n Goeie praktiese aanvoeling vir trekkers, spuite, stropers en implemente het.
  • Masjinerie met sorg en verantwoordelikheid hanteer.
  • Meganies sterk aangelê is
  • Kan GPS-stelsels en presisieboerderytegnologie verantwoordelik gebruik.
  • Werk akkuraat en verstaan die belangrikheid van korrekte rywydtes, plantdiepte, saadtempo en spuittoediening.
  • Akkuraat kan werk en instruksies noukeurig uitvoer.
  • Probleme vroegtydig raaksien en rapporteer.
  • Trots is op netjiese toerusting en ’n hoë werkstandaard.
  • Kalm en gefokus bly wanneer produksiedruk toeneem.
  • Bereid is om ook prakties met skape en algemene plaaswerk te help.

Doel Van Die Rol

Die Plaastoerusting Operateur sal vertrou word om belangrike landbewerkings-, spuit- en oestake veilig, akkuraat en betyds uit te voer.

Sleutelverantwoordelikhede

  • Algemene Plaastoerusting Operateurwerk
  • Voorbereiding, instelling en bedryf van planttoerusting vir wintergewasse.
  • Kontrolering van plantdiepte, saadtempo, ryspasiëring en algemene plantakkuraatheid.
  • Gebruik van GPS, outomatiese stuur- of soortgelyke presisieboerderystelsels.
  • Opstel en volg van GPS-lyne tydens plant-, spuit- en ander landbewerkings.
  • Akkurate uitvoering van spuitprogramme volgens instruksies.
  • Basiese kalibrasie en voorbereiding van spuittoerusting.
  • Daaglikse inspeksie, skoonmaak en versorging van spuite.
  • Veilige hantering van landbouchemikalieë en toerusting.
  • Stroop van koring en ander wintergewasse.
  • Aanpassing van masjinerie volgens gewas-, land- en oesomstandighede.
  • Kontrole van olie, water, bande, filters, smeerpunte en algemene masjinerietoestand.
  • Vroeë identifisering en rapportering van slytasie, skade en tegniese probleme.
  • Uitvoering van basiese voorkomende instandhouding.
  • Hulp met kleiner herstelwerk waar toepaslik.
  • Netjiese en verantwoordelike versorging van trekkers, implemente en toerusting.
  • Ondersteuning met skaaphantering, voeding en algemene kuddewerk wanneer nodig.
  • Nakoming van veiligheidsvereistes en boerderyprosedures.

Minimum Vereistes

  • Minstens 2 tot 5 jaar toepaslike ondervinding as Plaastoerusting Operateur
  • Bewese praktiese ondervinding met die plant van wintergewasse.
  • Ervaring met die voorbereiding, instelling en bedryf van planters.
  • Praktiese ervaring met GPS-stelsels, outomatiese stuur of presisieboerderytegnologie.
  • Bewese praktiese ondervinding met spuite en stropers
  • Ervaring met die stroop van koring sal sterk voorkeur geniet.
  • Vorige blootstelling aan wintergewasproduksie.
  • Vermoë om daaglikse masjineriekontroles en basiese instandhouding uit te voer.
  • Goeie begrip van veilige en verantwoordelike masjineriegebruik.

Persoonlike Eienskappe

  • Betroubaar en verantwoordelik.
  • Prakties en meganies ingestel.
  • Oplettend en veiligheidsbewus.
  • Gedissiplineerd met toerusting.
  • Akkuraat en produktief.
  • Trots op die gehalte van werk.

’n Markverwante salaris eie aan die bedryf met voordele word aangebied

Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 Julie 2026

Is jy ’n bewese Plaastoerusting Operateur wat met vertroue kan spuit, stroop en verantwoordelikheid vir waardevolle plaasmasjinerie kan neem? As dit jy is, word jy uitgenooi om aansoek te doen deur diè skakel👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp