Plaasvoorman

Plaasvoorman picture

Is jy ’n praktiese Boer wat daarvan hou om betrokke te wees waar dinge regtig gebeur - op die land, tussen mense, by toerusting en in die daaglikse vloei van ’n boerdery?

’n Gevestigde gemengde boerdery in die Ottosdal-omgewing bied ’n geleentheid vir ’n betroubare en praktiese Plaasvoorman om die Plaasbestuurder sterk te ondersteun.

Hierdie pos sal goed pas by iemand wat reeds ’n paar jaar praktiese gemengde boerdery ervaring het, maar nog steeds wil groei, leer en groter verantwoordelikheid neem binne ’n dinamiese boerdery-omgewing.

Die pos is geleë by ’n gemengde boerdery waar die suksesvolle kandidaat daagliks betrokke sal wees by praktiese plaasbedrywighede, personeelopvolg, basiese tegniese probleme, algemene instandhouding en ondersteuning aan die Plaasbestuurder.

Dit is ’n werksomgewing waar betroubaarheid, teenwoordigheid, praktiese oordeel en goeie opvolgwerk baie belangrik is.

Die ideale kandidaat is iemand wat graag moue oprol, take klaarmaak en nie wag dat elke klein ding vir hom uitgespel word nie. Jy moet gemaklik wees om saam met mense te werk, instruksies deur te voer, terugvoer te gee en op ’n rustige maar ferm manier seker te maak dat werk gedoen word.

Hierdie rol vra iemand met goeie basiese tegniese begrip, ’n praktiese kop vir en genoeg tegnologiese gemak om moderne plaastoerusting, administrasie, kommunikasie of eenvoudige stelsels te hanteer waar nodig.

Die Plaasvoorman sal die Plaasbestuurder ondersteun met die daaglikse uitvoering en opvolg van boerdery-aktiwiteite. Die kern van die pos is om ’n betroubare tweede paar hande en oë op die plaas te wees - iemand wat help om werk betyds, netjies en verantwoordelik gedoen te kry.

Sleutelverantwoordelikhede

  • Daaglikse ondersteuning aan die plaasbestuurder met algemene plaasbedrywighede
  • Praktiese toesig oor take, werkspanne en roetine-aktiwiteite
  • Hulp met beplanning, uitvoering en opvolg van plaaswerk
  • Basiese tegniese foutopsporing en praktiese instandhouding
  • Monitering van toerusting, infrastruktuur en algemene standaarde
  • Kommunikasie met personeel en terugvoer aan bestuur
  • Hulp om dissipline, netheid en goeie werkstandaarde op die plaas te handhaaf

Minimum Vereistes

  • 3 tot 5 jaar toepaslike praktiese ondervinding in ’n gemengde boerdery-omgewing
  • Goeie basiese tegniese kennis en sterk meganies
  • Goeie basiese tegnologiese vaardigheid en ervare Plaastoerusting Operateur
  • Praktiese landbou-ingesteldheid en bereidwilligheid om fisies betrokke te wees
  • Vermoë om instruksies uit te voer en verantwoordelikheid vir opvolgwerk te neem
  • Geldige bestuurslisensie

Persoonlike Eienskappe

  • Betroubaar en verantwoordelik
  • Prakties en oplossingsgerig
  • Rustig, hardwerkend en konsekwent
  • Goeie kommunikasie met bestuur en personeel
  • Bereid om te leer en verder te groei
  • Trots op netjiese, deeglike werk

’n Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (2-slaapkamer) en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 21 Julie 2026

Indien jy ’n toegewyde Boer is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp