Plaasvoorman: Beeste

Plaasvoorman: Beeste picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Henneman distrik in die Vrystaat, is op soek na 'n ervare en kundige Plaasvoorman om die Plaasbestuurder by te staan om die Beeskudde oor drie Plase in die distrik koste-effektief, optimaal en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, is 'n "semi-afgetrede" Boer met die nodige kundigheid en ondervinding in alle aspekte van Beeskuddebestuur wie sterk meganies is met werkende kennis van algemene instandhouding.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie menseverhoudings, eienaarskapmentaliteit en passie, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ondersteun die Plaasbestuurder in die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Algemene Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Monitor kondisie en getalle
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Instaan vir die Plaasbestuurder in sy afwesigheid
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 16 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp