Plaasvoorman: Beeste en Skape

Plaasvoorman: Beeste en Skape picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Boerdery in die Schweizer-Reneke distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare Plaasvoorman om die Bees- en Skaapkudde van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is semi-afgetree met die nodige ondervinding van alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Bees- en Skaapkudde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir diere, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, sober gewoontes, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Bees- en Skaapkuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Reproduksie
    • Kudde monitor en getalle
  • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate rekordhouding en verslagdoening
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Desember 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp