Plaasvoorman: Gemengde Boerdery

Plaasvoorman: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Devon distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasvoorman om die Eienaar by te staan om die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 3 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland, is sterk meganies aangelê en het baie goeie ondervinding in Presisieplanttegnologie met werkende kennis van Beeskuddebestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid, vermoë om effektief onafhanklik en binne spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede in samewerking met die Eienaar
  • Bestuur die Totale Produksiesiklus van Gewasse
  • Beeskuddebestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Algemene herstel en voorkomende Instandhouding op Plaaswerktuie, -implemente en -toerusting
  • Infrastruktuur Instandhouding
  • Rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, bydra tot 'n mediesefonds, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp