Plaasvoorman: Gemengde Boerdery
Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Dealesville distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke, ervare en kundige Plaasvoorman om die Boerdery is samewerking met die Eienaar koste effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ervaring in die totale produksiesiklus van Somer- en Voergewassse met bewese ervaring in al die aspekte van Beeskuddebestuur (Stoet en Kommersieël) wie meganies sterk aangelê is.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhoudinge, eienaarskapmentaliteit en jou vermoë om 'n span effektief te bestuur, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
- Totale produksiesiklus van somer- en voergewasse
- Beeskuddebestuur
- Kuddegesondheid
- Weidingsbestuur
- Voeding
- Reproduksie
- Monitor kudde en getalle
- Bereiking van optimale produksie
- Administrasie n rekordhouding
- Effektiewe arbeidsbenutting en leiding
- Algemene instandhouding
- Plaassekuriteit en -netheid
- Brandbestuur en -voorkoming
- Voorraadbeheer en aankopebestuur
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 9 Februarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar