Plaasvoorman: Saaiboerdery

Plaasvoorman: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Thabazimbi distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasvoorman om die Saai-afdeling van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somer- en Groentegewasse onder besproeiing wie spilpunte kan diens, instand hou en herstel met sterk meganiese en elektriese kundigheid.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou vermoë om te beplan, netheid op self en werk, stiptelikheid, vermoë om effektief onafhanklik en binne spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ondersteun die Eienaar in die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Instaan vir die Eienaar in sy afwesigheid
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd.

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp