Produksiebestuurder: Aartappels

Produksiebestuurder: Aartappels picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde boerdery in die Tolwe-distrik in Limpopo, is op soek na ’n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder wat primêr verantwoordelikheid sal neem vir die totale produksiesiklus van Aartappels onder besproeiing.

Die ideale kandidaat is getroud (vereiste), het toepaslike landboukwalifikasie, 5 - 10 jaar toepaslike ondervinding, het werkende kennis van groente- en somergewasse onder besproeiing, en is iemand wat van vooraf lei en self standaarde stel.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou blootstelling aan sitrusproduksie, sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur, sterk meganiese kennis en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Aartappels (onder besproeiing), insluitend:
    • seisoenbeplanning en voorbereiding (lande, plantprogram, hulpbronbeplanning)
    • plantpraktyke en gewasversorging
  • Besproeiingsbestuur en skedulering
  • Monitering van gewasprestasie, probleemidentifikasie en tydige intervensies
  • Koördinering van spanne, take, tydlyne en kwaliteitstandaarde
  • Rekordhouding en operasionele administrasie (waar van toepassing)
  • Ondersteun/koördineer waar nodig met sitrus-aktiwiteite
  • Handhaaf netheid, orde, dissipline en veiligheid
  • Rapporteer aan eienaar/bestuur en dryf verbetering in produksiepraktyke

Die Boerdery het ook 'n Pos beskikbaar vir 'n Admin Dame. 

Die ideale kandidaat het 2 – 8 jaar ondervinding in kantooradministrasie, is lewenslustig en het ‘n vriendelike geaardheid met ‘n bogemiddelde professionele kliëntediensingesteldheid.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende kommunikasievermoë, ingesteldheid op “detail”, netheid op self en werksplek, vermoë om akkuraat teen ‘n vinnige tempo te werk en effektief onder druk kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Professionele en bo-gemiddelde telefoon-etiket
  • Akkurate inpos van data
  • Algemene administrasie en kantoorbestuur
  • Voorraadbeheer, -opnames en -rekordhouding
  • Rekordhouding – Diesel
  • Ander pligte soos van tyd-tot-tyd deur Bestuur verlang

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Kandidate wat wil aansoek doen as Egpaar, kan dit hier doen:👉 [aansoekvorm]

Om slegs oorweeg te word as Produksiebestuurder kandidaat, doen aansoek hier:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp