Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Tzaneen distrik, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Produksie-eenheid.
Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie, 5 - 10 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Avokado met goeie ondervinding in die bestuur van Global Gap en Siza, besproeiingsbestuur, gif- en kunsmisprogramme.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende administrasie- en rekenaarvaardigheid (Microsoft Office en FarmTrace), vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail, puntinerigheid en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 Oktober 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar