Produksiebestuurder: Avokado, Makadamia en Piesang

Produksiebestuurder: Avokado, Makadamia en Piesang picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Levubu distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Avokado, Makadamia en Piesang Produksie-eenhede.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel), 2 - 10 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Avokado, Makadamia en Piesangs met goeie ondervinding in besproeiingsbestuur, werkende kennis van gif- en kunsmisprogramme en blootstelling aan Kwaliteitbestuursisteme (Global Gap/Tesco/Siza).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende administrasie- en rekenaarvaardigheid, ervaring in algemene meganiese instandhouding, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail, puntinerigheid en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Avokado, Makadamia en Piesangs
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bestuur van bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Besproeiingsbestuur
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandvoorkoming en -bestuur

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: Julie 2024

Aansoeke sluit: 17 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp