Produksiebestuurder: Avokado en Piesangs

Produksiebestuurder: Avokado en Piesangs picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende kommersiële boerdery in die noordelike deel van Limpopo, is op soek na ’n ervare Produksiebestuurder om die produksie van piesangs en avokado’s doeltreffend te bestuur en verder te ontwikkel.

Hierdie pos is ideaal vir ’n praktiese, energieke en verantwoordelike persoon met ’n sterk eienaarskapmentaliteit wat ’n sleutelrol wil speel in die bestuur en optimalisering van ’n hoëwaarde subtropiese produksie-eenheid.

Minimum Vereistes

  • 5 – 8 jaar praktiese ondervinding in subtropiese gewasproduksie (verkieslik avokado’s en/of piesangs)
  • Bewese ervaring in daaglikse boerderybestuur en produksiebeplanning
  • Sterk kennis van besproeiing, bemesting en gewasbestuur
  • Vermoë om arbeidspanne te bestuur en te motiveer
  • Goeie organisatoriese en probleemoplossingsvaardighede

Sleutelverantwoordelikhede

  • Bestuur van die daaglikse produksie van avokado- en piesangblokke
  • Beplanning en implementering van bemestings- en besproeiingsprogramme
  • Monitering van gewasgesondheid, plae en siektes
  • Bestuur van arbeidspanne en werkskedules
  • Verseker dat produksie doeltreffend, volhoubaar en winsgewend plaasvind
  • Samewerking met eienaars en tegniese adviseurs om opbrengste en kwaliteit te optimaliseer

Persoonlike Eienskappe

  • ’n Sterk werksetiek en praktiese ingesteldheid
  • Goeie leierskap- en kommunikasievaardighede
  • Netheid, stiptelikheid en aandag aan detail
  • Die vermoë om selfstandig en onder druk te funksioneer

’n Mededingende vergoedingspakket word aangebied volgens ervaring en kwalifikasies, tesame met die geleentheid om deel te word van ’n groeiende en dinamiese landbou-onderneming.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 19 Maart 2026

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp