Produksiebestuurder: Avokado en Piesangs
Ons kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende kommersiële boerdery in die noordelike deel van Limpopo, bied ’n uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n ervare Produksiebestuurder om ’n sleutelrol te speel in die bestuur en verdere ontwikkeling van ’n hoëwaarde subtropiese produksie-eenheid.
Hierdie is nie net ’n bestuurspos nie, dit is ’n geleentheid vir ’n praktiese, resultaatgedrewe persoon om werklik eienaarskap te neem van produksie en ’n direkte impak te hê op opbrengste, kwaliteit en langtermyn volhoubaarheid.
Jou Rol
- Volledige bestuur van piesang- en avokadoproduksie
- Beplanning en implementering van bemestings- en besproeiingsprogramme
- Monitering en bestuur van gewasgesondheid, plae en siektes
- Bestuur en ontwikkeling van arbeidspanne
- Optimalisering van produksieprosesse vir maksimum opbrengs en kwaliteit
- Noue samewerking met eienaars en tegniese adviseurs
Minimum Vereistes
- 5 – 8 jaar praktiese ondervinding in subtropiese gewasse
(avokado’s en/of piesangs sterk voorkeur) - Bewese ervaring in produksiebeplanning en daaglikse plaasbestuur
- Goeie kennis van besproeiing, bemesting en gewasbestuur
- Sterk leierskap en spanbestuursvermoë
- Praktiese probleemoplossingsvaardighede
Wat Ons Soek
- ’n Persoon met ’n sterk eienaarskapmentaliteit
- Energiek, betrokke en "hands-on"
- Goeie kommunikasie- en bestuursvermoë
- Hoë vlak van dissipline, netheid en aandag aan detail
- Vermoë om selfstandig en onder druk te presteer
Wat Jy Kan Verwag
- Mededingende vergoedingspakket volgens ervaring
- Geleentheid om deel te wees van ’n groeiende en vooruitstrewende boerdery
- ’n Rol waar jou insette werklik ’n verskil maak
- Langtermyn groeipotensiaal binne die onderneming
Indien jy ’n toegewyde en ervare Produksiebestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel👉 [aansoek]
Aansoeke sluit: 16 April 2026
Diensaanvaarding: So gou as moontlik