Produksiebestuurder: Bloubessies

Produksiebestuurder: Bloubessies picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Burgersfort distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Produksiebestuurder om die Bloubessie-eenheid van die Boerdery koste-effektief, winsgewend, volhoubaar en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 3 jaar blootstelling aan die Produksiesiklus van Vrugte (veral Bloubessies), het sterk tegniese kennis van IPM, bemestingspraktyke en besproeiingstelsels met werkende kennis van Global Gap en/of SIZA.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentalitiet, jou vermoë om goed te kan beplan, uitstekende leierseienskappe en jou fyn oog vir detail, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus
    • plant, snoei, besproeiing, voeding, plaag-, siektebeheer en oesprosedures
  • Daaglikse bestuur van ’n groot en diverse span plaaswerkers met die klem op opleiding en produktiwiteit
  • Handhawing van goeie bestuurspraktyke, akkuraatheid in rekordhouding, kostebeheer en voorbereiding vir oudits.
  • Monitering en instandhouding van infrastruktuur en toerusting.
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Hantering van oudits
  • Begroting- en kostebestuur
  • Algemene administrasie en rekordhouding
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuigtoelaag word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel(link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp