Sitrus Produksiebestuurder

Sitrus Produksiebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Barberton/Kaapmuiden distrik in Mpumalanga, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Produksie-eenheid.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel), 5 - 10 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Sitrus met ondervinding in besproeiingsbestuur en werkende kennis van gif- en kunsmisprogramme.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende administrasie- en rekenaarvaardigheid, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentaliteit met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van die Eenheid
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bestuur van bemesting- en plaagbeheerprogramme
  • Skedulering van besproeiing
  • Algemene instandhouding, diens en herstel op toerusting en infrastruktuur
  • Algemene administrasie en rekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2025

Aansoeke sluit: 31 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising, en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel(link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp