Produksiebestuurder: Boomgewasse
Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Levubu distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare, kundige en raakvat Bestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die totale, effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Plaas.
Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van subtropiese Boomgewasse met werkende kennis van mikrostelsels, boorgate pompe en indiepte ondervinding in die effektiewe bestuur van Arbeid.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onder onafhanklik druk te funksioneer, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur die implementering van strategie
- Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
- Bestuur die totale produksiesiklus van Piesangs en Avokado
- Bestuur van besproeiing, bemestings- en plaagbeheerprogramme
- Koste effektiwiteit en produktiwiteit metings
- Algemene Personeelbestuur
- Voorraad- en batebestuur
- Algemene instandhouding en herstel
- Netheid van die Plaas
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 26 November 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar