Produksiebestuurder: Braaikuikens

Produksiebestuurder: Braaikuikens picture

Ons kliënt, ‘n dinamiese Gemengde Boerdery in die Lichtenburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na ‘n ervare en kundige Produksiebestuurder om die Braaikuiken Afdeling van die Boerdery optimaal, winsgewend, volhoubaar en koste-effektief te bestuur.

Ons is opsoek na 'n Produksiebestuurder met 'n sterk eienaarskapmentaliteit, en is die ideale kandidaat getroud, met 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar se eerstehandse ervaring en ondervinding in die Produksiesiklus van Braaikuikens in Omgewingsbeheerde Hokke en Gordynhokke.

Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings en leierseienskappe, goeie kommunikasievermoë, dryfkrag en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van die strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Effektiewe beplanning
  • Produksiebestuur van Braaikuikens
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortaliteitbestuur
    • Produksiebestuur
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene administrasie
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -beheer
  • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Enige ander pligte soos van Eienaar verwag van tyd-tot-tyd.

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Sluitingsdatum: 30 September 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde siklusbonus en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp