Produksiebestuurder: Braaikuikens
Ons kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Rustenburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na ‘n ervare en kundige Produksiebestuurder om die Braaikuiken Afdeling optimaal, winsgewend, volhoubaar en koste-effektief te bestuur.
Ons is opsoek na 'n Produksiebestuurder met 'n sterk eienaarskapmentaliteit, en is die ideale kandidaat getroud, met 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar se eerstehandse ervaring en ondervinding in die Produksiesiklus van Braaikuikens in Omgewingsbeheerde Hokke (aanbeveel).
Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings en leierseienskappe, goeie kommunikasievermoë, dryfkrag en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur die implementering van strategie
- Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
- Effektiewe beplanning
- Produksiebestuur van Braaikuikens
- Dieregesondheid
- Biosekuriteit
- Mortaliteitbestuur
- Produksiebestuur
- Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
- Algehele onderhoud
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Algemene administrasie
- Plaassekuriteit en -netheid
- Brandbestuur en -beheer
- Voorraadbeheer en -bestuur
Diensaanvaarding: Februarie/Maart 2026
Sluitingsdatum: 8 Desember 2025
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (4 slaapkamer), water, elektrisiteit, Wi-Fi, onderhandelde prestasiebonus en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar