Produksiebestuurder: Gemengde Boerdery

Produksiebestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery tussen Joubertina en George in die Suid-Kaap, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Produksiebestuurder om die Boerdery onafhanklik, winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel), 1 - 5 jaar ondervinding in die effektiewe bestuur van 'n Bees- en Skaapkudde (intensief), die Totale Produksiesiklus van Pere, Bloubessies en Groente met goeie werkende kennis van Besproeiingsbestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Bestuur die Produksiesiklus van Gewasse
  • Kuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Voeding en Lekke
    • Daagliks getalle monitor
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Instandhouding, diens en herstel van die Plaasvoertuie, -implemente en infrastruktuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Enige ander take soos deur die Eienaar bepaal van tyd tot tyd

Die Eienaar besoek die Plaas een keer per week, en is ons opsoek na 'n individu wat die Boerdery onafhanklik, effektief en produktief met 'n eienaarskapmentaliteit sal Bestuur.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 28 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus  en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp