Produksiebestuurder: Gemengde Gewas- en Groenteboerdery
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende boerdery met diverse produksievertakkings in die Barkly Wes distrik, bied ’n uitstekende langtermyngeleentheid vir ’n praktiese, verantwoordelike en resultaatgedrewe Produksiebestuurder om ’n sleutelrol binne die bestuurspan te vervul.
Hierdie is ’n geleentheid vir ’n kandidaat met ’n sterk eienaarskapmentaliteit, goeie landbou-oordeel en die vermoë om produksie, personeel, toerusting en daaglikse boerdery-aktiwiteite doelgerig te bestuur. Die suksesvolle kandidaat moet nie bloot take uitvoer nie, maar werklik verantwoordelikheid aanvaar, probleme prakties oplos en aktief bydra tot die groei, stabiliteit en winsgewendheid van die onderneming.
Die boerdery bestaan uit verskeie produksievertakkings, insluitend koring, mielies, aartappels, beet, wortels en uie. Die ideale kandidaat sal dus oor sterk praktiese blootstelling aan gewas- en groenteproduksie beskik, met die vermoë om verskillende produksieprosesse georganiseerd, netjies en volgens hoë standaarde te koördineer.
Minimum Vereistes
- 6 tot 8 jaar toepaslike ondervinding in ’n soortgelyke plaas- of produksiebestuursrol
- Sterk praktiese kennis van groenteboerdery en gewasproduksie
- Ondervinding met koring, mielies, uie, beet, wortels en aartappels sal sterk aanbeveel word
- Goeie personeelbestuur, leierskap en dissiplinehandhawing
- Sterk organisatoriese, beplannings- en prioriteitsvaardighede
- Praktiese probleemoplossingsvermoë en die vermoë om onder druk besluite te neem
- Meganiese kennis en begrip van plaasmasjinerie, toerusting en instandhouding sal voordelig wees
- Tersiêre landboukwalifikasie word aanbeveel, maar praktiese ervaring en bewese vermoë sal sterk in aanmerking geneem word
- Goeie besigheidsin en ’n winsgeoriënteerde benadering tot produksie, koste en doeltreffendheid
- Bereidwilligheid om homself langtermyn in die omgewing te vestig
Sleutelverantwoordelikhede
- Algehele bestuur en koördinering van daaglikse boerdery- en produksie-aktiwiteite
- Beplanning, implementering en monitering van produksie oor verskeie vertakkings
- Praktiese bestuur van koring-, mielie-, beet-, wortel-, uie- en aartappelproduksie
- Organisering van werksprogramme, personeel, toerusting en produksieprioriteite
- Daaglikse bestuur van personeelprestasie, produktiwiteit, dissipline en werksgehalte
- Toesig oor instandhouding van infrastruktuur, voertuie, toerusting en meganisasie
- Identifisering van verbeteringsgeleenthede binne produksie, koste, arbeid en doeltreffendheid
- Noue samewerking met die eienaar en bestuurspan rondom beplanning, besluitneming en langtermynontwikkeling
- Verseker dat alle take betyds, netjies, veilig en volgens verwagte standaarde uitgevoer word
- Praktiese betrokkenheid by die operasionele uitvoering van seisoenale boerdery-aktiwiteite
Ons is opsoek na ’n persoon wat:
- Selfstandig, betroubaar en verantwoordelik optree
- Prakties ingestel is en nie huiwer om self betrokke te raak nie
- ’n Sterk werksetiek en eienaarskapmentaliteit het
- Personeel ferm, regverdig en effektief kan bestuur
- Goed kan beplan, organiseer en prioriteite bepaal
- Goeie oordeel en besluitnemingsvermoë toon
- Winsgewendheid, doeltreffendheid en produksiekwaliteit verstaan
- Stabiliteit soek en bereid is om saam met die boerdery te groei
Hierdie pos is ideaal vir ’n ervare produksiekandidaat wat ’n langtermynloopbaangeleentheid soek binne ’n gevestigde boerdery waar praktiese bestuursvermoë, verantwoordelikheid en prestasie werklik waardeer word.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 21 Junie 2026
Kandidate wat aan die vereistes voldoen en oor toepaslike ondervinding beskik, word aangemoedig om aansoek te doen deur die skakel 👉 [aansoek]