Produksiebestuurder: Groente

Produksiebestuurder: Groente picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Groenteboerdery in die Middelburg distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Produksiebestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar, winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat het 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groente (veral Komkommers) onder besproeiing in Tonnels en Skadudoekhuise met sterk meganiese en elektriese ervaring.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van produksiepraktyke
  • Goeie rekordhouding – begrotings en kostes
  • Koördineer daaglikse plaas aktiwiteite en hanteer uitdagings en enige take wat voorkom
  • Beplanning van plant, besproeing en oes skedules
  • Bestuur die aankope van saad, kunsmis en chemikalië
  • Effektiewe bestuur van permanente en seisoenale werkers
  • Algemene Instandhouding en Herstelwerk

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 16 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp