Produksiebestuurder: Intensiewe Vark Groei-eenheid

Produksiebestuurder: Intensiewe Vark Groei-eenheid picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Varkboerdery in die sentrale distrik van Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Produksiebestuurder om die Groei-eenheid van ’n moderne varkproduksie-eenheid doeltreffend, koste effektief, volhoubaar en winsgewend te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landbou Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) met 3 - 5 jaar bewese ondervinding as Produksiebestuurder van 'n Groei-eenheid, is sterk rekenaarvaardig en op datum met die nuutste tegnologie

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende leiereienskappe, beplannings-, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Die implementering van strategie
  • Daaglikse operasionelebestuur van die eenheid
  • Ontvang, sorteer en versorg markvarke
  • Verseker ’n gesonde en veilige omgewing
  • Toediening en bestuur van voeding en dierevoedingprogramme
  • Rantsoenbestuur en vooraadbestuur
  • Uitvoering van roetine- en seisoenale inentings en inspuitings
  • Sorg vir die algemene skoonmaak, instandhouding en higiëne van fasiliteite
  • Monitering en handhawing van dieregesondheid, versorging en behandelings
  • Noukeurige rekordhouding van produksie-aktiwiteite
  • Logistiekebestuur
  • Toesig oor 'n span personeel en verskaf opleiding wanneer nodig
  • Verseker voldoening aan regulasies en standaarde

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Oktober 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp