Produksiebestuurder: Ontvangs en Verwerking

Produksiebestuurder: Ontvangs en Verwerking picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Internasionale Maatskappy wat spesialiseer in die verspreiding van neute en gedroogde vrugte, is opsoek na 'n ervare en energieke Produksiebestuurder om verantwoordelik te wees vir die ontvangs, skoonmaak-, en verwerking van Pekaneute in hulle Pakhuis in Jan Kempdorp.

Die ideale kandidaat het meer as 5 jaar ondervinding tot die posisie (veral binne 'n Pekaneut-aanleg) met werkende kennis van PPECB-gradering en 'n goeie begrip van USDA-standaarde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, sterk leierseienskappe en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en akkuraat gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van daaglikse ontvangs
  • Bestuur van die skoonmaakaanleg
  • Bestuur van die NIS-droogstasie en -stelsels met verwysing na die droogprosedure
  • Veilige bewaring en voorraadhouding van sakke en dromme wat vir boereaflewerings toegewys is
  • Bestuur die graderingsprosedure en kwaliteitstandaarde
  • Ontwikkeling van nuwe stelsels om aanlegte te verbeter
  • Oop kommunikasie met alle rolspelers om produktiwiteit en doeltreffendheid verseker
  • Bestuur en verbeter naspeurbaarheidsprosedure van produk
  • Daaglikse voorraadbeheer en verslagdoening daarvan
  • Beheer produk, sakke en asblikversendings en dokumentasie
  • Algemene instandhouding van die hele fasiliteit

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp