Produksiebestuurder: Pekanneute
Ons gewaardeerde kliënt, ‘n gevestigde Pekanneut Boerdery in die Alma distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare en raakvat Produksiebestuurder om die Boerdery koste-effektief, optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, het ‘n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel), met meer as 5 jaar eerstehandse ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Boomgewasse en algemene besproeiingsbestuur.
Bogenoemde, gekoppel met jou meganiese en elektriese kennis, jou eienaarskapmentaliteit, rekenaarvaardigheid, leergierigheid, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasievermoë, dryfkrag en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur van die daaglikse bedrywighede
- Effektiewe beplanning en uitvoering van produksiepraktyke
- Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
- Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
- Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
- Bestuur van bemesting- en plaagbeheerplan
- Bereiking van optimale produksie
- Algemene administrasie
- Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang
Hierdie is 'n unieke loopbaangeleentheid vir die regte individu om deel te word van 'n vooruitstrewende besigheid wat 'n winsgewende spogplaas bou vir die toekoms.
Diensaanvaarding: April 2026
Aansoeke sluit: 31 Januarie 2026
Mededingende salaris eie aan die bedryf, aantreklike prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar