Produksiebestuurder: Sortering en Verpakking

Produksiebestuurder: Sortering en Verpakking picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Internasionale Maatskappy wat spesialiseer in die verspreiding van neute en gedroogde vrugte, is opsoek na 'n ervare en energieke Produksiebestuurder om verantwoordelik te wees vir die sortering, verpakking, kwaliteit en logistiek van Pekaneute in hulle Pakhuis in Jan Kempdorp.

Die ideale kandidaat het meer as 5 jaar ondervinding tot die posisie (veral binne 'n Pekaneut-aanleg) met werkende kennis van PPECB-gradering en 'n goeie begrip van USDA-standaarde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, sterk leierseienskappe en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en akkuraat gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Volle operasionele beheer van die sorteeraanleg, produksie en personeel
  • Ontwikkeling van nuwe stelsels om die sorteeraanleg te verbeter
  • Verpakkingsvoorraadbeheer
  • Oop kommunikasie met alle rolspelers om 'n produktiwiteit en doeltreffendheid te verseker
  • Hou trend met en verbeter naspeurbaarheidsprosedure van inkomende- en verpakte produk
  • Ontwikkeling en instandhouding van die kwaliteitstandaardstelsels
  • Ontwikkeling en instandhouding van alle proses en standaard praktyke
  • Daaglikse voorraadbeheer, produksievolumebeheer en verslagdoening
  • Implementering van voedselveiligheidsprosedures
  • Produkversendings
  • Bestuur van logistieke plan vir uitvoer van alle voorrade
  • Deurlopende ontwikkeling en verbetering van stelsels in die algemeen
  • Algemene instandhouding van die fasiliteit

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp