Produksiesbestuurder: Sitrus

Produksiesbestuurder: Sitrus picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Marble Hall distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Produksie-eenheid.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (sal in jou guns tel), 5 - 10 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Sitrus met ondervinding in besproeiingsbestuur en werkende kennis van gif- en kunsmisprogramme.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende administrasie- en rekenaarvaardigheid, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bestuur van bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Skedulering van besproeiing
  • Algemene instandhouding, diens en herstel op toerusting en infrastruktuur
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (twee slaapkamer), en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp