Produksievoorman: Intensiewe Varkboerdery

Produksievoorman: Intensiewe Varkboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Varkboerdery in die noordelike distrik van die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Produksievoorman om ‘n 600 Sog produksie-eenheid in samewerking met die Eienaars, doeltreffend, koste effektief, volhoubaar en winsgewend te bestuur binne 'n week produksiesiklus.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 3 - 5 jaar bewese ondervinding, is sterk rekenaarvaardig en op datum met die nuutste tegnologie

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende leiereienskappe, beplannings-, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Die implementering van strategie
  • Daaglikse operasionelebestuur van die eenheid
  • Kuddegesondheid en -welsyn
  • Reproduksiebestuur
    • KI-proses
    • hitte-observasie
    • dragtigheidsbevestiging
  • Rantsoenbestuur
  • Vooraadbestuur
  • Toesig oor 'n span personeel en verskaf opleiding wanneer nodig
  • Verseker voldoening aan regulasies en standaarde

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 13 Oktober 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf sonder behuising word aangebied

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp