Rekenmeester/Finansiëlebestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n suksesvolle, gevestigde en vooruitstrewende gemengde boerdery in die Clanwilliam distrik, is opsoek na ’n senior, strategiese en hoogs professionele Rekenmeester/Finansiëlebestuurder om ’n sleutelrol te vervul in die finansiëlebestuur, beheer, ontleding en besluitnemingsondersteuning van die Boerdery.
Hierdie rol vereis ’n kandidaat met sterk tegniese rekeningkundige vermoë, diepgaande finansiële insig en die vermoë om finansiële en operasionele data te vertolk tot bruikbare bestuursinligting. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die integriteit van die onderneming se finansiële funksie, maar ook as ’n belangrike sakevennoot optree vir plaasbestuurders en senior bestuur deur middel van relevante terugvoer, analise en aanbevelings rondom insetkoste, produksie-uitsette, oesresultate, marges en algemene winsgewendheid.
Die ideale kandidaat beskik oor ’n BCom Rekeningkunde-graad (sterk aanbeveel), met meer as 8 jaar toepaslike senior ondervinding in rekeningkunde, finansiëlebestuur en bestuursverslagdoening. Vorige ondervinding binne die landboubedryf sal sterk voorkeur geniet, veral waar die kandidaat blootstelling gehad het aan produksie-omgewings, kostestrukture, insetbeheer en die ontleding van operasionele prestasie. Die vermoë om op ’n professionele, gestruktureerde en insiggewende wyse met plaasbestuurders, operasionelebestuur en eienaars te skakel, is van kardinale belang.
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou hoë vlak van professionaliteit, finansiële dissipline, kommersiële ingesteldheid, analitiese denkvermoë, strategiese insig en vermoë om finansiële inligting in praktiese bestuurswaarde te omskep, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Algehele bestuur en beheer van die onderneming se rekeningkundige en finansiële funksie
- Versekering van die akkuraatheid, integriteit en tydigheid van alle finansiële rekords en verslagdoening
- Voorbereiding en aanbieding van bestuursrekeninge, finansiële verslae en prestasie-ontledings
- Bestuur van die algemene boekhouding, grootboeke, rekonsiliasies en kontroleprosesse
- Toesig oor debiteure, krediteure, kontantvloei en algemene finansiële administrasie
- Ondersteuning van begrotings, finansiële beplanning en kostebeheer
- Ontleding van insetkoste teenoor produksie, opbrengste en oesresultate
- Ontwikkeling van betekenisvolle finansiële en operasionele ontledings om besluitneming te ondersteun
- Professionele terugvoer en verslagdoening aan plaasbestuurders rakende prestasie, afwykings en kostedrywers
- Identifisering van tendense, risiko’s, besparingsgeleenthede en areas vir verbeterde winsgewendheid
- Ondersteuning met statutêre en regulatoriese vereistes, insluitend BTW en ander toepaslike finansiële verpligtinge
- Noue samewerking met bestuur ten einde finansiële dissipline, operasionele doeltreffendheid en strategiese doelwitte te bevorder
- Bydra tot ’n kultuur van verantwoordbaarheid, akkuraatheid en prestasiegedrewe bestuur
Vereistes:
- BCom Rekeningkunde-graad sterk aanbeveel
- Meer as 8 jaar senior toepaslike ondervinding in rekeningkunde en finansiëlebestuur
- Ondervinding in die landboubedryf sal sterk voorkeur geniet
- Bewese ervaring in bestuursverslagdoening, finansiële analise en kostebeheer
- Sterk begrip van operasionele finansies en die vertolking van produksie-inligting
- Vermoë om finansiële data te omskep in praktiese bestuursinligting en aanbevelings
- Sterk rekenaarvaardigheid, veral in Excel en finansiële stelsels
- Hoë vlak van akkuraatheid, diskresie en administratiewe dissipline
- Sterk kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
- Vermoë om onafhanklik te funksioneer, maar ook strategies met bestuur saam te werk
Diensaanvaarding: Junie/Julie 2026
Aansoeke sluit: 30 April 2026
Indien jy ’n toegewyde en ervare Rekenmeester/Finansiële bestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging in die Weskaap, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]