Rekenmeestersklerk/Boekhoudster

Rekenmeestersklerk/Boekhoudster picture

Ons kliënt, 'n suksesvolle Rekenmeesters Firma in Welkom in die Vrystaat, is opsoek na 'n Rekenmeesterklerk/Boekhoudster om deel te word van 'n Firma waar sukses en groei nagestreef word.

Die ideale kandidaat het uitgebreide kennis van Pastel, meer as 3 jaar ondervinding in die byhou van rekenkundige rekords tot proefbalans en goeie ondervinding m.b.t die algemene interaksie met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Bogenoemde vaardighede gekoppel jou goeie kennis van MS Office, jou vermoë om goed binne en buite 'n span te funksioneer, jou fyn oog vir detail en jou vermoë om effektief onder druk te werk en by spêrtye te hou, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Maandelikse verwerking van rekonsiliasie van bankstate, krediteure en debiteure
  • BTW berekening en rekonsiliasie
  • EMP berekening en rekonsiliasie
  • Afhandeling van rekeningkundige rekords tot met Proefbalans
  • Hantering van Suid-Afrikaanse Inkomstediens navrae

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 7 April 2024

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp