Salaris- en Menslike Hulpbron Administrateur
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde Boerdery in die Pietersburg/Baltimore distrik, is op soek na ’n deeglike, betroubare en goed georganiseerde Salaris- en Menslike Hulpbron Administrateur om ’n sleutelrol te vervul in die akkurate verwerking van salarisse en die doeltreffende administratiewe ondersteuning van die menslikehulpbronfunksie binne ’n arbeidsintensiewe omgewing.
Hierdie rol vereis ’n kandidaat met sterk administratiewe en syfervaardighede, tesame met die vermoë om streng akkuraatheid, vertroulikheid en wetlike nakoming te handhaaf. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die tydige en korrekte verwerking van weeklikse en/of maandelikse lone, die instandhouding van personeel- en lonerekords, sowel as ondersteuning met werwing, aanstellings, induksie, personeeladministrasie en die toepassing van arbeidswetgewing en maatskappybeleid. Hierdie pos is veral geskik vir iemand wat reeds blootstelling gehad het aan ’n landbou-, produksie- of ander arbeidsintensiewe werksomgewing waar seisoenale arbeid, uurlikse werkers en streng rekordhouding deel vorm van die daaglikse realiteit.
Die ideale kandidaat beskik oor Graad 12 (Matriek), met ’n Diploma of Sertifikaat in Salarisadministrasie, Finansies of ’n verwante veld, tesame met 2 tot 4 jaar relevante ondervinding in salaris (lone)- en menslike hulpbron administrasie. Ondervinding met salarisstelsels soos Crest, asook ’n goeie begrip van Suid-Afrikaanse salariswetgewing, SARS-vereistes, PAYE, UIF en SDL, is noodsaaklik. Ondervinding met groot seisoenale of uurliks betaalde arbeidsmagte sal sterk voordelig wees.
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou hoë vlak van akkuraatheid, integriteit, professionele ingesteldheid, goeie tydsbestuur en vermoë om met vertroulike inligting te werk, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte en Verantwoordelikhede:
- Ondersteuning met werwing, aanstelling, induksie en oriëntering van plaaswerkers en ander werknemers
- Instandhouding en opdatering van werknemerrekords en personeel databasisse
- Voorbereiding van dienskontrakte, aanstellingsbriewe en ander dokumentasie
- Akkurate en tydige verwerking van weeklikse en/of maandelikse lone
- Vaslegging en verifiëring van werknemerure, oortyd, verlof en afwesighede
- Instandhouding en opdatering van lonerekords
- Berekening van lone, aftrekkings en voordele
- Verseker nakoming van statutêre vereistes soos PAYE, UIF en SDL
- Nakoming van toepaslike arbeidswetgewing, sektorale bepalings en maatskappybeleid
- Hantering van navrae en die oplossing van afwykings of foutiewe transaksies
- Hantering van navrae vanaf werknemers en bestuur
- Administrasie van werknemervoordele, insluitend verlof, bonusse en aftrekkings
- Behoorlike liassering en rekordhouding van salaris- en personeel dokumentasie
- Monitering en rekordhouding van bywoning, tydstate en afwesigheid
- Ondersteuning met dissiplinêre prosesse en werknemerverhoudinge-administrasie
- Voorbereiding en indiening van lone- en personeelverslae en rekonsiliasies
- Koördinering en byhou van opleiding- en ontwikkelingsrekords
- Ondersteuning met oudits en nakomingskontroles
Minimum Vereistes:
- Graad 12 / Matriek
- Diploma of Sertifikaat in Salarisadministrasie, Finansies of ’n verwante veld
- 2–4 jaar toepaslike ondervinding in salaris (lone)- en personeel administrasie
- Bewese ondervinding in salarisverwerking
- Goeie kennis van salarisstelsels soos Crest
- Goeie begrip van Suid-Afrikaanse salariswetgewing en SARS-vereistes
- Kennis van PAYE, UIF, SDL en ander statutêre verpligtinge
- Hoë vlak van akkuraatheid en aandag aan detail
- Sterk numeriese en analitiese vermoë
- Vermoë om vertroulike inligting diskreet en professioneel te hanteer
- Goeie organisatoriese en tydsbestuursvaardighede
Sleutelvaardighede en Kundigheid:
- Salarisadministrasie en salarisverwerking
- Personeel administrasie en werknemerrekordbestuur
- Statutêre nakoming en arbeidswetgewing
- Akkuraatheid en detailgerigtheid
- Vertroulikheid en integriteit
- Goeie probleemoplossingsvermoë
- Effektiewe kommunikasievaardighede
- Vermoë om spertye te haal en onder druk te funksioneer
- Voordelig, veral binne ’n landbou- of arbeidsintensiewe omgewing:
- Ondervinding met groot seisoenale of uurliks betaalde arbeidsmagte
- Kennis van loonberekeninge vir plaaswerkers en sektorale bepalings
- Ondervinding in die bestuur van tyd- en bywoningsisteme
- Vorige blootstelling aan ’n plaas-, pakhuis-, verwerkings- of produksie-omgewing
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat graag in ’n verantwoordelike en ondersteunende rol wil funksioneer waar akkuraatheid, vertroulikheid, wetlike nakoming en administratiewe beheer van kernbelang is. Die rol bied die geleentheid om ’n betekenisvolle bydrae te maak tot beide die salarisfunksie en die breër personeel omgewing van ’n gevestigde landbou-onderneming, waar gestruktureerde prosesse, professionele ondersteuning en betroubare administrasie ’n direkte impak op die sukses van die besigheid het.
Diensaanvaarding: Onmiddelik
Sluitingsdatum: 7 Mei 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.
Indien jy ’n toegewyde persoon is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]