Sekuriteitsbeamptes (Honde-eenheid)

Sekuriteitsbeamptes (Honde-eenheid) picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na energieke, raakvat en dinamiese Sekuriteitsbeamptes wat verantwoordelik sal wees vir die Sekuriteit van die Boerdery.

Die ideale kandidaat is enkellopend, is PSIRA geregistreer (ten minste Graad A), met Vuurwapenbevoegdheid, goeie werkende kennis en ondervinding binne 'n Honde-eenheid (vereiste) met meer as 2 jaar bewese ondervinding in Sekuriteit.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir Honde, selfdissipline, onbetwisbare integriteit, gesonde verstand, waaksaamheid en volharding met 'n pro-aktiewe gesindheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Skakeling met Hoof van Sekuriteit in die geval van kriminele-aktiwiteite
  • Uitvoering van geskeduleerde patrollies
  • Konstante opservasie vir enige sekuriteitsoortredings
  • Totale beveiliging van die Plaas
  • Voorvalbestuur en ad hoc-sekuriteitsoperasies
    • Ondersoek, verslagdoening en afsluiting van veiligheidsvoorvalle
    • Implementering van alle vereistes en prosedures vir standaardbedryfsprosedures

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 5 Mei 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf en gratis behuising word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp