Senior Beeskuddebestuurder

Senior Beeskuddebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde gemengde boerdery in die Koster-distrik, is opsoek na ’n ervare, volwasse en praktiese Senior Beeskuddebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die bestuur van die boerdery se beeskudde van 2 000, met fokus op beide kommersiële beesproduksie en stoetbestuur.

Hierdie is ’n senior rol vir ’n individu met bewese praktiese kennis van beeskuddebestuur, kuddegesondheid, reproduksie, veldbestuur en personeelbestuur. Die ideale kandidaat is ’n stabiele, verantwoordelike en selfstandige Veeman wat met dissipline, aandag aan detail en ’n eienaarskapmentaliteit na die kudde en boerderybelange omsien.

Minimum Vereistes

  • 10 - 15 jaar bewese ervaring in beeskuddebestuur
  • Sterk ervaring in die bestuur van ’n groot beeskudde
  • Praktiese blootstelling aan beide kommersiële beesproduksie en stoetbeeste
  • Uitstekende kennis van:
    • Teel- en seleksiepraktyke
    • Kalwingsbestuur
    • Kuddegesondheid
    • Ent-, dip- en doseerprogramme
    • Voeding en aanvulling
    • Veld- en weidingsbestuur
  • Ervaring in rekordhouding en prestasiemonitering van diere
  • Goeie personeelbestuursvermoë
  • Meganiese aanleg en algemene plaasinstandhouding sal tot voordeel strek
  • ’n Volwasse, betroubare en selfgedrewe werkbenadering

Sleutelverantwoordelikhede

  • Daaglikse bestuur van die beeskudde
  • Bestuur van kommersiële en stoetbeeste volgens gevestigde boerderypraktyke
  • Teelbeplanning, seleksie, paringsbestuur en kalwingsmonitering
  • Identifisering en hantering van siektes, kondisieprobleme en produksierisiko’s
  • Implementering van gesondheidsprogramme, entings, dip, dosering en parasietbeheer
  • Bestuur van veld, kampe, waterpunte en weidingsbenutting
  • Toesig oor voeding, lekprogramme en seisoenale aanvullings
  • Akkurate rekordhouding van diere, reproduksie, mortaliteite, behandelings en prestasie
  • Bestuur, opleiding en dissipline van plaaswerkers
  • Algemene ondersteuning met plaasinstandhouding, infrastruktuur en operasionele take

Die geskikte kandidaat is ’n bestuurder wat gemaklik is om verantwoordelikheid te neem en prakties betrokke te wees by alle fasette van die kudde met sterk waarnemingsvermoë, vroegtydig probleme kan identifiseer en die nodige besluite met selfvertroue en oordeel kan neem.

Hierdie pos vereis iemand wat nie net beesboerdery verstaan nie, maar werklik trots is op die kwaliteit, gesondheid en prestasie van die kudde onder sy bestuur.

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n ervare beeskuddebestuurder wat deel wil vorm van ’n gevestigde boerdery-omgewing waar kundigheid, verantwoordelikheid en langtermynbetrokkenheid waardeer word. Die rol bied die regte kandidaat die geleentheid om ’n betekenisvolle bydrae te maak tot die verdere sukses en prestasie van ’n groot beesboerdery.

Voorkeurprofiel

  • Getroud en gevestig met die vermoë om op die Plaas te woon
  • Praktiese bestuurder met ’n sterk werksetiek
  • Iemand wat langtermyn stabiliteit en groei soek

Wat ons kliënt bied

  • ’n Mededingende vergoedingspakket, volgens ervaring
  • ’n Geleentheid om werklik ’n impak te maak binne ’n groeiende onderneming
  • ’n Professionele werksomgewing met langtermyn potensiaal

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 15 Junie 2026

Indien jy ’n toegewyde en ervare Beeskuddebestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp