Senior Beeskuddebestuurders

Senior Beeskuddebestuurders picture

Ons is opsoek na energieke, pro-aktiewe en passievolle Senior Beeskuddebestuurders vir moontlike toekomstige geleenthede. Die ideale kandidate het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 10 jaar+ ondervinding in alle aspekte van die bestuur van 'n Beeskudde (Kommersieƫl en Stoet), met 'n passie vir Beesboerdery.

Kundigheid waarna ons opsoek is sluit in:

  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Voeding
  • Reproduksiebestuur
    • Bestuur van Bulle
    • Kunsmatige Inseminasie met resultate - Gesertifiseerd
    • Sinkronisasie van Vroulike Diere
    • Dragtigheidsondersoeke - Gesertifiseerd
    • Embrio spoeling en oorplasing
  • Rekordhouding en Administrasie inlyn met betrokke Telersvereeniging
  • Voorbereiding van diere vir skou en/of veiling
  • Bewese Algemene Bestuursbeginsels vaardigheid

Kundige individue word genooi om deur die skakel te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede, en sal registrasie met die nodige diskresie hanteer word.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp